You are here:   Interesting Reading > Herrineringe
Register   |  Login

Herinneringe. Mnr Jan Jacobs, Carnarvon

   Minimize

Julie 1943.Daardie jare het die St Bernardt nie eintlik aangepas by SA somerklimaat nie. Ek koop die kruis tussen ‘n St Bernardt en ‘n Australiese Kelpie… Taraka. ( Foto Landbouweekblad 16 Augustus 1950, 32ste jaargang, ur 1622 p 35- die foto is regs bo). Nie juis ‘n wafferse werker nie; ook ‘n bietjie stout, want as ek mooi netjies in die saal sit, byt hy die perd op ‘n spesifieke plek, reg onder die stert! ‘n Hele paar heerlike valle…

 

Daarna, ‘n dwaler (roamer), paar met Mnr John Duckworth se Australiese Border; Mona en Tania word, deur hom aan my geskenk. Mettertyd 17 teeltewe. Ek voorsien SWA.”stuur aan my ‘n hond wat soos ‘n karakoel lyk.” Honde het ‘n aanvoeling: Sy spring iut die bak en hardloop hondehokke toe. Sy word daarna in ‘n harnas versend. Waar Stikvlak elke oggend op dieselfde plek gele het, hy moes geweet het date k hom van kant moes maak… bly 1 myl van die huis af… die eerste keer. Foei!

 

Uit Bethlehem se wereld ‘n telegram:”Stuur nog agt!” ek was darem geen fabriek nie!

 

Die “Skaapboer se beste vriend” onder my naam- van Skaaphonde. Die eerste artikel oor die Afrigting van Skaaphonde. 23 Augustus 1950… Burger(koerant) deur Van Alle Kante, waar hy my afrigtings metodes aan prys. Foto’s van Mona en Tania.

 

Ai, julle tweetjies: 120 myl tussen mielielande deur- nie’n blaar gevreet nie: die aan op Bloemhof toe ons die skape in die nat kraal moes jag, dit blits dit donder en so in ligflitse jag julle die skape in die kraal vol water. Vir die eerste keer blaf jy, Mona… en die volgende oggend- vas aan die slap met die koppies op die ou voorpootjies in die kraalhek.

 

Onthou jy nog, Mona, hoe jy my die nag na die val, ek was halfdeurmekaar, met jou twee ou voetjies op my bors, my gesig natgelek het. Ek sien nog die twee nat honde oe, en die blink van ‘n traan wat val. Selfs die ou veewagter moes huil. Ook lek jy my hande toe ek jou om die vyf kleintjies in die wereld te kry. Daardie selfde outjies wat ek een middag verkoop het aan Boere uit Hoopstad. Hoe lekker klap jy die weebarstige ooi op haar neusen hoe oulik keer jy die halstarrige lam met jou neusie om.

 

Tania agter ‘n jakkals in ‘n erdvarkgat in. Later hoor ek nie meer die blaffies nie. Die gat val toe. Mona met haar kop op die pootjies.”Wag vir Oubaas.” ‘n Bakkie vol grawe, pike en aarbeiders. Die tienuur die aand- dist wee uur die nag. Ek kan nie my hond verloor nie, en ek kan niks doen nie… en toe die gedagte” Mona gaan haal vir Tania”.

 

Sesuur die oggend draf die twee spikkels nadir. Maande het oubaas jou voetjies gedokter. Is dit waarom jy, as ons ‘n endjie gaan stap,altyd my vrou van my af weggedruk het, en dan betekenis vol –le oe, vas in myne met so ‘n haastige sniesie daarby.

Terwyl ons veewagter sterf:”Baas gaan haal vir Mona… Totsiens Mona… Totsiens Oubaas se honne.”